SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Malvapoeding
Malvapoeding »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Oondgebakte hoenderkerrie

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Oondgebakte hoenderkerrie
Oondgebakte hoenderkerrie Oondgebakte hoenderkerrie Oondgebakte hoenderkerrie

So sê Herman Lensing van SARIE wat vir ons die dis gemaak het: ‘My vriende is altyd baie verbaas as hulle onverwags instap vir ete en ek sê ek gaan vir ons hoenderkerrie maak; almal dink dis dae se harde werk. Die geheim is om jou speserye goed te braai. Koop speserye in klein hoeveelhede aan en ongemaal; jy wil hê dit moet die maksimum geur bevat. So, hoe varser, hoe beter.’


(genoeg vir 6)


3 e olyfolie


1 ui, fyngekap


2 knoffelhuisies, fyngekap


2 e heel komynsaad


1 e koljander


6 kardemompeule, oopgebreek


3 lourierblare


1 x 400 ml-blik klappermelk


300 ml tamatiepuree


2 e borrie


12 ontbeende hoender dye sonder vel


sout en varsgemaalde swartpeper


400 g botter bone, gedreineer en afgespoel


1 handvol vars koljander gekap


Verhit die olyfolie en botter in ’n middelslagpot tot goed warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai 2 minute of tot dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte. Roerbraai 5 minute of tot lekker geurig. As dit lyk of die speserye wil begin brand, gooi ’n klein bietjie water by. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Voeg die klappermelk en tamatiepuree by. Voeg borrie by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper en plaas oop in die warm oond. Bak by 220ºC vir 20–25 minute of tot die hoender goudbruin en gaar is. Verwyder uit oond en roer bone en koljander deur. Sit voor met dik Griekse jogurt.


Wenk: Jy kan die kerrie natuurlik ook met lamsvleisblokkies of kort skenkels maak, maar dit sal ’n klein bietjie langer neem om sag te kook.


Oven baked chicken curry


Here's what SARIE magazine's food editor Herman Lensing has to say:


My friends are always surprised when they come over for dinner and I say I'm going to be making chicken curry; everyone thinks it takes days. The secret is to cook the spices beforehand. Buy whole spices in small quantities; you want it to have maximum flavour. The fresher, the better.”


3 T olive oil


1 onion, chopped


2 garlic cloves, chopped


2 T cumin seeds


2 T coriander seeds


6 cardamom pods, crushed


3 bay leaves


12 deboned chicken thighs, skinless


1 x 400 ml can coconut milk


300 ml tomato puree


2 T turmeric


salt and freshly ground black pepper


400 g tin butter beans, drained & washed


1 handful fresh coriander, chopped


Heat up the olive oil in a medium size pot until hot. Add the onion and garlic and fry for 2 minutes or until it's brown. Add all the spices and lower the heat. Fry for 5 minutes or until you can smell the spices. If it looks like the spices are burning, add a bit of water. Add the chicken and fry for 5 minutes. Add the coconut milk and tomato puree. Now add the turmeric and stir well. Season with salt and pepper and and put the pot in the hot oven. Bake at 220ºC for 20 to 25 minutes or until the chicken is golden brown and cooked. Once it's done, remove it from the oven and stir in the beans and coriander. Serve with Greek yogurt.


Hint: You can always try this recipe with chopped lamb or lamb shanks, but it will take longer to cook until soft.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development