SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Malvapoeding
Malvapoeding »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Volstruisfees

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Volstruisfees
Volstruisfees Volstruisfees Volstruisfees

Volstruisfees

Hierdie resep is wat tuiskokfinalis Hestelle Jonsson vir ons beoordeelaars gemaak het.
(bedien 1)

Volstruis
1 volstruis fillet
olyfolie
1 t gekapte vars roosmaryn
1 e soet soya sous
1 e pikantrissies, met sous
sout & peper, na smaak
Botterskorsiepastei
1 rol blaardeeg, ontvries en uitgerol*
1 botterskorsie
1 pypkaneel stokkie
1 koppie geelsuiker
½ t fyn kaneel
Knoffelsampioen
1 knoffel huisie
1 groot bruin sampioen
Sjokoladesous
100g donkersjokolade, gesmelt
½ t fyn rissie

Botterskorsiepastei
Smeer ‘n klein soufflé bakkie of 'n ronde uitdrukvormpie met olyfolie. Bedek die bodem en randte van die bakkie/vormpie met die blaardeeg. Sodat dit soos 'n klein pasteitjie lyk wat nog gevul moet word. Bring 3 koppies water tot kookpunt en kook die botterskorsie, met die pypkaneelstokkie en geelsuiker tot dit sag is. Druk die botterskorsie pap met drukker. Vul nou die blaardeeg pastei gelyk vol met botterskorsie. Bak by 220C vir 15 minute tot blaardeeg ligbruin en lekker bros is.
Sjokoladesous
Meng die sjokolade met die rissie.
Volstruis
Geur die volstruisfillet met sout en peper en 3 e olyfolie. Laat om te marineer vir 2-3 ure.
Sny die volstruisfillet in drie ewe groot stukkies. Plaas in ‘n pan oor lae hitte. Op die eerste fillet strooi jy die roosmaryn, op die tweede een die soet soya sous en die laaste een bly net so. Sout en peper kan bygevoeg word na smaak.
(Maak seker dat jy nie jou volstruis vleis oorgaar bedien nie, so dit is noodsaaklik om aanhoudend die vleis om te draai.)
Sampioen
Bedek 'n plat oondpan met foelie. Sny jou knoffelhuisie middel deur en plaas die onderste gedeelte op die oondpan saammet die sampioen. Geur met sout en peper en besprinkel met olyfolie. Bak by 180C vir so 15minute totdat sampioen en knoffel gaar is.
Om op te dien
In 'n reghoekige bord plaas die drie klein volstruis fillette ewe ver van mekaar op die bord. In die volgorde: Roosmaryn fillet, Soet Soya Fillet en gewone ongespeseryde fillet. Op die Roosmaryn fillet strooi jy jou Pikantrissies met sous oor vir garnering. Op die Soet Soya fillet kan jy nog 'n tikkie verhitte soet soya sous oorgooi en op jou ongespeseryde fillet gooi jy die verhitte sjokolade en rissie sous.
Haal jou botterskorsiepastei uit die oond en plaas dit op die sykant van die bord en strooi 'n klein bietjie fynkaneel bo-oor.
Haal nou ook die sampioen en knoffel uit die oond, haal die knoffel uit die knoffelhuisies uit en plaas dit bo-op die groot sampioen. Plaas die sampioen aan dieselfde kant van die bord as die botterskorsiepastei.
 
En siedaar! 'n Volstruis Fees Verseker!

*Jy kan die orige deeg weer vries.
 
 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development