|
Pan gebraaide Kingklip met ‘n suurlemoen, brandrissie, gemmer en Koljander sous en ‘n warem blaar slaai wat bestaan uit dennepitte, sampioene, rooi uie, kersietamaties en gekerfde parmesaan.
Sous die skil van een suurlemoen gemmer fyn gekap brandrissie fyn gekap vars Koljander fyn gekap klein bietjie olyf olie
Meng alles tesame en smeer oor jou kingklip. Speserye dan goed met sout en vars gemaalde swart peper. Braai dan die kingklip vir 10 tot 15 min in ‘n bietjie botter en olyf olie.
Blaar Slaai rooster ‘n paar dennepitte in ‘n droë pan tot goud bruin en plaas een kant Gooi bietjie olyf olie in die pan en braai die rooi uie tot gekaramelliseerd Gooi dan die sapioene by wat in fyn skyfies gesny is en saute dan tot mooi sag Voeg dan laaste kersietamaties by en roer vir 2 tot 3 min Haal die pan van die hitte af en meng met die blaarslaai Versier dan met die dennepitte en bietjie balsamiese en voeg dan gerasperde parmesaan by.
Let wel dat hierdie twee disse tesame voorberei moet word en dat die vis 5min voor die tyd gemaak moet word.
Terug na Niezaam se profiel.
|