Kompetisies

Pasella aanbieders seisoen 27

Groot Kompetisie

Pasella gee hierdie seisoen een lekker groot prys weg om ons kykers te beloon! Die prys gaan ‘n fantastiese ervaring wees, maar is tans steeds ‘n verrassing. Kyk Pasella elke Woensdag 19:30 op SABC2 waar ons binnekort die groot prys bekend sal maak.

Weeklikse kompetisies

Eie aan die naam ‘Pasella’ sluit elke episode ‘n Pasella-kyker-kompetisie in, wat vir kykers die kans gee om self die uiteenlopende en opwindende wedervaringe wat Suid-Afrika bied, eerstehands te kan ervaar. Kyk Pasella elke Woensdag om 19:30 op SABC2 om te sien hoe jy ‘n kans staan om te wen. Ons het ook een groot droom-prys wat ons weggee hierdie seisoen, so moet nie ‘n episode misloop nie.

Episode 9 

Hierdie week kan een gelukkige Pasella-kyker 'n fantastiese 'glamping'-ervaring wen met Africamps. Jy kan drie aande vir tot vyf mense wen by een van die agt Africamps glamping terreine oor die land. Met ontbyt-mandjies ingesluit! 

Hier is hoe jy 'n kans kan staan om te wen:

1. Like die Pasella en AfriCamps Facebook blaaie.

2. Vind die kompetisie 'post' op ons Facebook blad en kliek op die 'Send Message' knoppie.

3. Volg die stappe op 'Messenger' soos wat dit gegee word tot jy by die kompetisie vraag kom. Jy moet die kompetisie vraag beantwoord vir jou inskrywing om geldig te wees.

4. Nadat jy ingeskryf het, lewer kommentaar op die kompetisie post en sê gedoen en tag 'n iemand wat jy graag saam met jou sal wil vat om te gaan 'glamp'.

5. Hou duim vas!

Terme en voorwaardes geld. Kompetisie sluit Dinsdag 18 Desember 2018 om middernag.

Episode 8 

Ons gee dié week een van ons grootste pryse nog weg! Jy kan 'n 14 dag permit vir die Baz Bus wen, sowel as verblyf by elkeen van die blyplekke wat om dié week se episode van Pasella gewys het. 

Hier is hoe jy kan in skryf:

1. Vind die kompetisie 'post' op die Pasella Facebook-blad

2. Kliek op 'send message' en volg die stappe soos aangedui op messenger. Beantwoord die kompetisie vraag: Waar wil jy graag he Pasella moet kuier dié seisoen?

3. Like die Pasella Facebook-blad sowel as al die kompetisie borge wat in die post 'getag is'

4. Lewer kommentaar en sê 'gedoen' nadat jy ingeskryf het.

Die kompetisie sluit Dinsdag 11 Desember om middernag. Terme en voorwaardes geld.

Episode 7 

Vir ons kos-episode gee ons DRIE pryse weg. Ons eerste prys is 'n kultuur toer, verblyf, en 'n ete by Lesedi Cultural Village vir twee mense. Ons tweede prys is tien 'DIY Mystery Games' van beapartofthemystery.com (agt op Facebook en twee op Instagram) en laaste prys is 'n ete vir twee by Boesmanland Plaaskombuis. 

Hier is die stappe om te volg om 'n kans te staan om te wen:

1. 'Like' Pasella op Facebook sowel as die Facebook-bladsy gekoppel aan die kompetisie

2. Kliek op die 'Send Message' knoppie op die kompetisie plasing op die Pasella Facebook-bladsy

3. Volg die gegewe stappe tot by die laaste vraag wat die kompetisie vraag is

4. Hou duim vas

Kompetisies sluit Dinsdag 4 Desember 2018 om middernag.

Terme en voorwaardes geld en is beskikbaar hier: 

Afrika-kos / Lesedi kompetisie

Speursaak kompetisie

Boesmanland Plaaskombuis kompetisie

Episode 6 

Vertel ons van jou beste perde-ervaring en jy kan of kaartjies na 'n Lipizzaner-vertoning wen, of 'n Skoonma klere-geskenkbewys ter waarde van R1000. 

Hier is die stappe om te volg om 'n kans te staan om te wen:

1. 'Like' Pasella op Facebook sowel as die Facebook-bladsy gekoppel aan die kompetisie - of Skoonma Clothing of SA Lipizanners

2. Kliek op die 'Send Message' knoppie op die kompetisie plasing op die Pasella Facebook-bladsy

3. Volg die gegewe stappe tot by die laaste vraag wat vra vir jou beste perde-ervaring tot dusver of 'n perde-ervaring wat jy wens jy kon beleef

4. Hou duim vas

Terme en voorwaardes geld en is beskikbaar hier: 

Lipizanners-kompetisie terme en voorwaardes
Skoonma Clothing-kompetisie terme en voorwaardes

Kompetisie sluit Dinsdag 27 November 2018 om middernag.

 

Episode 5 

Vertel vir ons van jou gunsteling dierebewarings-inisiatief en jy kan 'n Wolf Sanctuary prys wen. Die prys is ingang vir vier mense by die Garden Route Wolf Sanctuary naby Plettenbergbaai en die prys sluit 'n toer, sowel as t-hemde vir die groep in. 

Hier is hoe jy vir die kompetisie kan in skryf:

1. 'Like' Pasella op Facebook sowel as die Garden Route Wolf Sanctuary Facebook-bladsy

2. Kliek op die 'Send Message' knoppie op die kompetisie plasing op die Pasella Facebook-bladsy

3. Volg die gegewe stappe tot by die laaste vraag wat vra vir jou gunsteling dierebewarings-inisiatief

4. Hou duim vas

Terme en voorwaardes geld. Kompetisie sluit Dinsdag 20 November 2018 om middernag.

Episode 4 

Pasella gee vir een kyker die kans om op die treinrit van 'n leeftyd te klim! Ons gee een dubbelkaartjie weg om op die Rovos Rail te reis vanaf Kaapstad na Pretoria OF vanaf Pretoria na Kaapstad. Hierdie besonderse prys sluit maaltye en drankies in en is ter waarde van meer as R62 000!

Hier is hoe jy kan in skryf:

1. ‘Like’ Pasella op Facebook sowel as die Rovos Rail Facebook bladsy

2. Antwoord op die kompetisie plasing op Facebook en beantwoord die volgende vraag: "Wat is jou gunsteling treinrit so ver en hoekom sal jy graag op 'n Rovos Rail rit wil gaan?"

3. Tag iemand wie jy graag sal wil saam neem op die rit. Maak seker hulle 'Like' ook albei bladsye. 

Terme en voorwaardes geld. Die sluitingsdatum is Maandag 12 November om middernag. 

Episode 3

Ons gee vir drie kykers die kans om 'n bederf-sessie te wen by een van die drie salonne op episode drie van Pasella!

Om 'n kans te staan om te wen, volg dié eenvoudige stappe:

1. ‘Like’ Pasella op Facebook

2. Lewer kommentaar op die kompetisie plasing en beantwoord die volgende vraag: Wat is jou ideale haarstyl vir dié seisoen en hoekom?

3. Vertel ook vir ons watse een van die drie salonne op episode 3 van Pasella jy verkies

4. Hou duim vas!

Terme en voorwaardes geld. Die sluitingsdatum is middernag Maandag 5 November 2018. 

Episode 2

Pasella en die Must Love Dogs honde-hotel gee vir jou die kans om ses aande se verblyf te wen by dié hotel vir twee van jou klein honde. Die prys is R6560 werd en sluit 'n lekker ekstra bederf in vir jou honde. 

Hoe om 'n kans te staan om te wen:

1. ‘Like’ Pasella op Facebook asook Must Love Dogs

2. Lewer kommentaar op die kompetisie plasing en beantwoord die volgende vraag: Hoe verryk jou troeteldier jou lewe?

3. Tag 'n vriend / vriendin in die post

Kompetisie sluit 28 Oktober 2018 en terme en voorwaardes geld.

Episode 1

Wen ‘n wegbreek by die Grand Daddy Hotel

Ons en die Grand Daddy hotel in Kaapstad gee twee nagte akomodasie weg in een van dié fantastiese Airstream Trailers.

Om die kans te staan om te wen, kyk Pasella 17 Oktober om 19:30 op SABC2 en hou ons sosiale media dop. Die kompetisie is ‘n Facebook kompetisie. Hier is hoe jy kan wen:

1. ‘Like’ Pasella op Facebook

2. Lewer kommentaar op die kompetisie ‘post’ en sê vir ons watter een van die drie plekke wat ons op Pasella gehad het jou gunsteling is en hoekom.

Die kompetisie sluit Maandag 22 Oktober. Terme en woorwaarde geld. Die prys is slegs vir akkomodasie by die Grand Daddy Hotel in Kaapstad en sluit nie vervoerkostes in nie.


Wen drie maande se biltong-voorraad met BuyFresh.co.za

Jy kan drie maande se biltong voorraad wen met BuyFresh.co.za en Pasella tot die waarde van R1250! Hier is hoe jy kan wen op Facebook of Instagram:

Facebook

1. Like die Pasella- en @Buyfresh.co.za-Facebook blaaie

2. Lewer kommentaar op die kompetisie ‘post’ en sê vir ons hoekom jy van biltong hou

3. ‘Tag’ drie van jou biltong buddies met wie jy die prys sal deel

4. Hou duim vas!

Instagram

1. Volg @pasellatv en @buyfresh.co.za op Instagram

2. Lewer kommentaar op die kompetisiefoto

3. ‘Tag’ jou drie Biltong Buddies met wie jy die prys sal deel (elke antwoord met drie 'tags' tel as een inskrywing vir die kompetisie)

Die kompetisie sluit Dinsdag 23 Oktober. Terme en voorwaardes geld.