Waterpark kaskenades saam met Robbie Wessels

10 Augustus 2019

Na bouwerk van so 18 maande het die Happy Island Waterworld SA water-wêreld amptelik sy deure in Desember 2018 in Muldersdrift oopgemaak. Met 15 ritte om van te kies kan jy jou regmaak vir groot sports, presies wat Pasella-kyker Quintin van der Walt in gedagte gehad het. 

Veertig-jarige Quintin van der Walt is vanaf sy bors ondertoe verlam na ‘n mislukte kaping 19 jaar gelede. Na rehabilitasie leef hy steeds sy lewe voluit en laat hom nie deur enige iets onderkry nie.

Paul, Quintin en die sanger Robbie Wessels wys vir ons hoe watersports gedoen word. Maak seker jy sluit aan by die pret, Woensdag 19:30 op SABC2.