Seashack in Paternoster

12 Desember 2018

Vir dié week se episode van Pasella besoek ons die glamping plekke. Rumacques maak 'n draai by Seashack in Paternoster.

Paternoster is so 160 km vanaf die Kaap teen die weskus. ‘n Dorpie bekend vir sy vissershuisies weskus-hartlikheid en ook die tuiste van die Cape Columbine vuurtoring, gebou in 1936. 

Paternoster is ‘n ware weskus-juweel.  Rumacques besoek ‘n juweel in ‘n juweel by die Seashack. Jy gaan moeilik ‘n plekkie vind wat nader aan die see is as hierdie.