SELFDOEN: Fotomooi koekblikke!

Ons maak Fotomooi koekblikke!

Fotomooi koekblikke

Omskep ou koekblikke in lieflike geskenke vir grootouers, en vul dit met eetgoed wat die kinders self gemaak het.

Jy benodig:

-          Koekblik

-          Laserafdrukke

-          Handwerkmes

-          Podge

-          Verfkwas

 Gaan só te werk:

1. Sny jou afdrukke sodat hulle op die deksel of op die kante van die koekblik pas.

2. Gebruik ’n kwas om die afdrukke met Podge op die blik vas te plak, en laat droog word.

3. Wend nog ’n laag Podge oor die afdrukke aan.

Probeer ook die volgende:

SELFDOEN: Versier kerse en kershouers met fotos

 


Lees Ook: