SELFDOEN: Baba Boek

Baba Boek selfdoen op Pasella

SELFDOEN: Baba Boek
Mariette Sakelliou van Little Interiors wys ons hoe om iets nuttigs te maak vir 'n babakamer.

1. Knip groottes van die bladsye uit 'n groot stuk velt, of jy kan ook A4 velle reeds gesny koop.

2. Beplan wat jy op elke bladsy wil doen. Daar is baie idees op die internet.

3. Knip die vorms uit wat jy wil gebruik op elke bladsy.

4. Plak die vorms aan die bladsy asook die velcro aan die vorms waar nodig met materiaalgom. (dit kan ook met 'n naaldwerkmasjien gewerk word)

5. Laat die materiaalgom droog word, verkieslik oornag.

6. Sodra elke bladsy klaar droog is, kan dit maklik aanmekaar gewerk word om 'n boek te vorm. Jy kan dit ook plak met materiaalgom indien jy nie 'n naaldwerkmasjien het nie.

Bedankings:

Mariette Sakelliou
www.littleinteriors.co.za


Lees Ook: