SELFDOEN: 'n Patio-bankie binne 30 minute

Pasella maak 'n Patio-bankie binne 30 minute

SELFDOEN: 'n Patio-bankie binne 30 minute

Hierdie is ‘n vinnige en maklike idee wat binne minute reg kan wees vir gebruik! 

Palette word deesdae vir allerhande verskillende dinge aangewend, maar vandag gaan ek vir julle wys hoe om dit te gebruik om ‘n sitplek te maak wat geen houtwerk of naaldwerk benodig nie en boonop nie te onaardig lyk nie!

Benodighede:

Ten minste 3 ou palette - Hulle is gewoonlik so 15cm hoog, so drie op mekaar is net 'n lekker hoogte vir 'n sitplek.

Soek ook vir dié wat lekker verweer is en mooi letters en skrif op het vir 'n moderne voorkoms

Stuk spons wat presies bo-op pas

Medium digte spons is ideaal. Vra die verskaffer om dit vir jou presies te sny, anders kan jy 'n elektriese mes of broodmes gebruik om dit self te sny

Mooi materiaal - As jy dit buite gaan lis, is dit beter om 'n goeie kwaliteit stofferings materiaal te gebruik, maar as dit net vir 'n funksie of iets tydelik is, sal enige tipe materiaal die ding doen.

'n Sker

Doekspelde- medium grootte

Hope strooikussingvir die mooimaak na die tyd

Stappe:

Stapel jou houtpalette op mekaar. Maak seker dat die hoeke reg oor mekaar is en dat die stapeltjie stewig staan. Sit dan jou stuk spons bo-op om seker te maak dit pas goed. As dit nie presies pas nie, kan jy altyd stukkies daarvan afsny.

Draai die spons in materiaal toe, soos wat jy 'n geskenk sou toedraai. Begin deur die materiaal plat neer te lê met die spons bo-op en maak seker dat daar geen voue of kreukels in is nie, anders gaan jy later sukkel om dit uit te kry.

Vou dan die materiaal aan die een lang kant van die spons na binne in en herhaal met die ander kant. Vou egter hierdie kant se rand na buite om en steek dit vas met 'n paar doekspelde.

Vou nou die sykante in en konsentreer om die hoekies mooi netjies te kry. Vou weereens die rand van die materiaal on en steek va.

'n Paar mooi kussings in jou kleurskema is al wat jy nou nog nodig het om die projek af te rond. Vyftien minute en jou bankie is kant en klaar!

 



Lees Ook: