Piekniek saam met Cindy Nell en Catriona Andrews

16 Februarie 2019

Vandag kuier Sasha-Lee, Cindy Nell, Catriona Andrews en tuindag-ambassadeurs by die beeldskone Kirstenbosch in Kaapstad. Dié tuin is in 1913 gestig en is ‘n wêrelderfenisgebied wat meer as 7000 plantspesies van suider-Afrika bevat. 

Mede-werkers van die jaarlikse Tuindag bederf ons met ‘n prentjiemooi piekniek-ervaring. Ons gesels ook met Carin Smith, ‘n dekor-guru wat mal is daaroor om mooi elemente te ontwerp en kreatief bymekaar te sit.

Dit is 16 jaar sedert Cindy Nell as Mej Suid-Afrika gekroon is en was ook op ‘n tyd een van Pasella se gunsteling aanbieders.  Sedertdien is sy ‘n sake-vrou met ‘n skoonheids-maatskappy, terwyl sy ook ‘n skoonheidsblog en ‘n klere-reeks in die pyplyn het. Die Skots-gebore aktrise, Catriona Andrews het ‘n ryk loopbaan met  rolle in dramareeks-gunstelinge soos Erfsondes en ‘The Lab’. Ons gesels met hulle twee en Sasha-Lee kry ook 'n blommekroon vir die geleentheid. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.

 

Die tuin is in 1913 gestig en is ‘n wêrelderfenisgebied wat meer as 7000 plantspesies van suider-Afrika bevat.