Pasella kuier saam met Veteraan akteurs

20 Mei 2019

Onthou jy nog van daai ou treffer-reekse - Meeulanders, Agter elke man, Vyfster, Grondbarronne en Manakwalanders? Rumacques vang op met die veteraan akteurs Lieb Bester, Ilse Roos, Michelle Burger, Carel Trichardt en Petru Wessels.

Die akteurs-paar Carel Trichardt en Petru Wessels se seun, Gustav het die Gypsies backpackers in Gordensbaai. Hy het sy plek oopgestel vir ‘n kuiertjie en ‘n trip down memory lane met Pasella.

Kyk Pasella Woensdae 19:30 op SABC2 vir lekker kuiers saam met bekendes.