Pasella kuier saam met Comrades wenner en maat in KZN

13 Augustus 2019

Pasella vier Valentynsdag met drie romantiese wegbreekplekke wat sommer weer die liefde sal laat blom. Rumacques is by Cleopatra Mountain Lodge in KwaZulu-Natal, so twee ure se ry van Durban af. Dis ‘n prentjie-mooi bestemming in die Drakensberge. 

Hier kuier ons saam met hierdie jaar se vroue-wenner Ann Ashworth en haar man en oefen-maat David. Na hulle sukses en deursettingsvermoë verdien hulle sowaar ‘n lekker romantiese wegbreek.

Ons vind uit wat dit vat om 'n Comrades atleet te wees, ry bergfiets, en bewonder die prentjie mooi omgewing terwyl ons 'n romantiese piekniek geniet. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.