SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Pasella kook saam bekendes

Maak 'n Afdruk Afdruk

Martelize Brink

Die RSG-omroeper, Martelize Brink staan vir niks terug nie. Behalwe vir ‘n bekroonde radio-loopbaan as omroeper van ‘Oggend op RSG’ saam met Johan Rademeyer, spog sy ook deesdae met ‘n resepteboek op die rakke.

Soos een van haar kollegas, Haidee Muller, sal beaam, is Martelize altyd gereed vir ‘n uitdaging en wanneer sy nie in die ateljee is nie, hou sy van reis en oefen. Sy roei gereeld, pak marathonne met haar rolstoel aan en sy was boonop onlangs in Italië vir ‘n kos-toer saam met van die RSG-luisteraars.

Sy het ‘n honneurs-graad in Politieke Wetenskappe en het reeds  op Maties agter die kampus se radio-mikrofoon ingeskuif. Sy het in die Paarl grootgeword en is die jongste van vyf kinders. Haar pa, ‘n predikant is in 2006 oorlede en was self ook ‘n kos-skrywer. Beide haar ouers, asook haar eie pad in ‘n rolstoel, is dinge wat haar motiveer.

Martelize Brink

Sy was 13 jaar oud toe sy binne ‘n paar uur die gebruik van haar spiere van haar heupe af verloor  het. Dit het jare daarna uitgekom dat sy waarskynlik te min yster in haar liggaam gehad het om die inflamasie in haar rug te kan beveg.

Martelize het op skool veral in netbal en swem uitgeblink. Haar gesin het gereeld gekamp,  lekker saam kosgemaak en geëet. Haar pa was veral ‘n potjiekos-koning en die liefde vir kos is beslis iets wat Martelize van hom af gekry het.

Clem Pedro

Fotograaf: Tyler Williams

Die TV-sjef, Clem Pedro het eers in die korpretiewe wêreld sy brood verdien voordat hy die kosroete gekies het. Vandag is hy ‘n TV-sjef wat elke dag op Afternoon Express ‘n storm los kook. Clem is op sy gelukkigste wanneer hy nuwe resepte kan ontwikkel en dit met mense kan deel. Hy kom uit ‘n familie wat almal kan kook en lief is vir kosmaak.

Voorheen het hy ook al vir top restaurante en tydskrifte gekook. Clem se meisie, Meg Daniels is self in die kosbedryf. Praat van ‘n perfekte paartjie! Sy is ondermeer ‘n kos- & wynskrywer en spog ook met haar eie kos-blog.

Kevin Leo

Kevin Leo of te wel die singende sjef se talente stop inderdaad nie by sy musiek nie. Praat van ‘dinner and a show’! Hy het 3 jaar gelede aan die konsep gedink om sang en kook tydens sy vertonings met groot sukses te kombineer.

Kevin het nog altyd graag tyd saam met sy ma in die kombuis deurgebring. Hy het ook baie sjef vriende by wie hy deur die jare ‘n paar waardevolle kos-geheime geleer het. Kevin is ‘n pa van twee en hulle geniet dit net so om, om die kospotte saam met hulle pa te kuier. Wanneer sy seuntjie egter eendag groot is, sal hy graag ‘n vlieënier wil wees en sy dogtertjie ‘n haarkapster.

Kevin Leo met kinders

Sy tiende en nuutste solo-album, XXI is gospel-album om dankie te sê vir die afgelope 21 jaar wat hy tans in die bedryf vier.

Daarby beplan hy en Jannie Moolman, asook 3 van die Bestes (Kevin, Danie Niehaus en Mathys Roets) heelwat vertonings vir die res van die jaar om na uit te sien.

 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development