SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Koeksister
Koeksister »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Pasella gaan groot saam met Deon Groot

Maak 'n Afdruk Afdruk

Carina Nel op stel

Pasella gaan groot saam met Deon Groot

Hierdie week op Pasella, Viljé ski in Johannesburg saam met die 7de Laan aktrise, Carina Nel en haar man, Deon Nagel. Mishka Patel gaan besoek 'n vindingryke liefdadigheidsorganisasie en ons gaan groot saam met Deon Groot op 'n waterval-glybaan in die laeveld.

Dit is nie elke aktrise wat twee rolle in dieselfde sepie vertolk nie, maar Carina Nel is die uitsondering. Sy speel die rol van Dr. Alexa Welman asook ‘n verdagte karakter met die naam, Amanda, in 7de Laan. Sy is nou al 2 jaar op die sepiestel en geniet elke oomblik daarvan.

Carina het op 6-jarige ouderdom dramaklasse by Elardu Steorra Dramaskool begin neem. Haar drama-onderwyseres, Louise Lachenicht het veral ‘n groot rol in haar ontwikkeling as aktrise gespeel en hulle deel tot vandag toe nog ‘n spesiale band. Carina het ook van jongs af ballet gedoen. Dit is ook waar haar liefde vir op die verhoog tot ‘n groot mate begin het.

Na skool het Carina haar drama-graad by die Tshwane University of Technology voltooi. Sy het daarna in kinder-teater gewerk en ook ‘n rol in Generations en uiteindelik 7de Laan, losgeslaan.  

Carina is in 2016 met haar man, Deon Nagel, ‘n geoktrooieerde rekenmeester getoud. Carina se avontuurlustige geaardheid het Deon aangemoedig om saam met haar die wêreld plat te toer. Hulle het in Skotland verloof geraak en ook die Wêreldbeker Rugby in Engeland meegemaak, terwyl hulle binnekort nog ‘n ski-vakansie beplan. 

Ali Conn UPcycle

Daar gaan daagliks hope eetbare kos regoor die land verlore. Ali Conn, die stigter van die UPcycle projek, het ‘n manier gevind om kos wat verlore gaan en mense wat ‘n behoefte aan kos het bymekaar te bring.  

Die samewerking van supermarkte, restaurante en vrywillige sjefs verseker dat daar daagliks vars kos in voedsame maaltye omgesit kan word.  Daar is elke dag professionele sjefs wat hulself beskikbaar stel om met watter tipe bestanddele daar ook al die spesifieke dag mag inkom, ‘n etes vir die besoekers voor te berei.

Daar word geen geld vir die etes gevra nie, maar besoekers word wel aangemoedig om ‘n bydra te lewer in die vorm van ‘n sogenaamde, eko-baksteen. Dit is basies ‘n plastiek koeldrankbottel wat met plastiek gevul is wat weer as eko-vriendelike boublokke ingespan word. 

Deon Groot en Vilje

Die sanger, Deon Groot, se debuut-album ‘Gee My Oor’ is onlangs vrygestel en deesdae toer hy die wêreld plat met sy kitaar in die hand. Deon is oorspronklik van Mpumalanga waarna hy ook ‘n groot deel van sy kinderjare in Namakwaland deurgebring het. Hy  is nie die enigste musikale persoon in die familie nie. Sy ma is self ook musikaal aangelê en kan tot ‘n saag speel.  

Een van Deon se stokperdjies is om saadjies van die mooiste boom in die gebied waarheen hy toer in die hande te kry en dan sy eie klein bonsai-boompie daarvan te kweek as ‘n aandenking van die plekke wat hy al besoek het. Behalwe vir bonsai, het Deon ook ‘n swak plek vir eksotiese diere en spinnekoppe.

Deon het aanvanklik Ingenieurswese studeer en daar by ‘n myn in die Noord-Kaap gewerk om sy studie-lening af te betaal. ‘n Tragiese ongeluk het uiteindelik sy loopbaanverandering van ingenieur tot musikant aangewakker.

Sy meisie op daardie stadium het vanaf die Strand gery om vir hom te kuier en op pad verongeluk. Hy het ‘n gedig wat hy na haar dood geskryf het, getoonset en verskeie ander snitte het gevolg, tot hy uiteindelik sy eie album vrygestel het en ‘n voltydse loopbaan in musiek begin het.

 

Bedankings

Mike Naylor Photography
Webwerf: www.mikenaylorphotography.com

Misty Mountain
Webwerf: http://mistymountain.co.za/

Kestell Adventures
Webwerf: http://kestelladventures.com/

 


 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development