Pasella en Shimmy Isaacs kuier op die Jolly Roger

20 Julie 2019

Rumacques en die komediant Shimmy Isaacs kuier aanboord die Jolly Roger saam met 'n klomp seerowers wat hul rol baie ernstig opneem.

Die Jolly Roger is ‘n vlag wat algemeen ge-assosieer word met ‘n seerowerskip. ‘n Interessante feit is dat oogklappe nie noodwendig gedra is omdat daar ‘n oog vermis was nie – maar sodat een oog altyd aan donkerte gewoond is – vir wanneer hulle op die onderste dek in die donker moes gaan veg. 

Die Jolly Roger seerower-skip by die waterfront in die Kaap is ‘n plesierboot wat ‘n goeie idee vir enige iets van kinder-partytjies, rampartytjies of sommer net ‘n unieke ekskursie, is.  Die skip is darem binne die wet – en die maatskappy het meer as 20 jaar ervaring in die see-vaart-bedryf – met vyf verskillende tipe bootritte wat hulle aanbied. 

Maar wees gewaarsku – die seerower-bemanning wat hulle seerower-karakters redelik ernstig op… Dit vind die komediant Shimmy Isaacs en Rumacques uit wanneer hulle aanboord die Jolly Roger klim.

Kom seil saam met dié seerowers en Pasella, Woensdag 19:30 op SABC2.