Pasella besoek Lesotho

30 Julie 2019

Pasella is op drie buurland avonture, en een van hulle is 'n perderit in Lesotho.

Semonkong is ‘n gemeenskap in die Maseru-distrik van Lesotho. Dit was eens op ‘n tyd die wegkruipplek van mense wat voor die gereg gevlug het, juis omdat dit so afgeleë en ongetem is. Semonkong beteken 'Plek van rook' as gevolg van die hoogste waterval in suidelike Afrika - Maletsunyane Waterval. Dit is ook die tuiste van die 3096 meter bergpiek – Thaba Putsoa. 

Rumacques saal 'n perd op en verken sy omgewing. Moet dit nie misloop nie, Woensdag 30 Januarie om 19:30 op SABC2.