Op die Rovos Rail met Donnalee Roberts en Ivan Botha

07 November 2018

Amalia ontmoet die akteur paar Ivan Botha en Donnalee Roberts vir 'n outydse treinrit op die elegante Rovos Rail.

Rohan Vos, die meesterbrein agter die Rovos rail, het aanvanklik 'n paar outydse treintrokke aangeskaf slegs vir sy familie se genot en gebruik, maar (soos die legende loop) het hy een aand in die bad gesit met 'n Rum en Coke en die moontlikheid van 'n besigheid, soos ons die Rovos Rail vandag ken, bedink. Vandag onderneem hierdie trein n verskeidenheid van roetes, elk waar Afrika homself op sy beste gedra.

Ivan Botha en Donnalee Robberts het destyds bloedjonk en blinkoog op die stel van 7de Laan kykers se harte begin steel as die gewilde paartjie ‘Pieter en Annelie’. Deesdae is hulle nie net meer fiktief verlief nie, maar in werklikheid verloof en vennote van hulle eie produksiemaatskappy, 17 Films. Hulle spog met drie lokettreffers op hulle speelfilm kerfstok. Die jongste film, Stroomop, het in Augustus op die silwerdoek begin draai.