Ontmoet Panthera Africa se wilde katte

14 November 2018

Amalia besoek Panthera Africa, ‘n oord vir wille katte en ons leer van die wonderlike bewaringswerk wat hulle doen.

Amalia ontmoet vir Baguira, ‘n leeuwyfie van Argentinië. Sy is in ‘n dieretuin gebore en daarna aan ‘n sirkus verkoop wat bankrot geraak het. Op die ou einde het sy in ‘n drie vierkant ‘n meter hok opge-eindig – vir ses jaar. Vandag met die hulp van Panthera Africa, is sy in hierdie stukkie Eden naby Standford hervestig. 

‘n Groot deel van die visie van Panthera Africa is ook mense te leer en op te voed oor die diere. Ons ontmoet van hul leeus en luiperds en gesels met die mense wat na hulle omsien.

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.