Ons ontmoet Enos Mafokate in Soweto

21 November 2018

Hierdie week op Pasella ontmoet ons besonderse perde en hul ruiters. Hemelbesem besoek die Soweto Equestrian Centre om 'n internasionaal bekroonde perde-spring-ruiter te ontmoet.

Enos Mafokate het deur die jare elke “hindernis” oorbrug om sy drome waar te maak. Vandag op 72 dra hy ook sy liefde vir perde aan die volgende generasie oor by die Soweto Equestrian Centre, wat hy in 2006 gestig het.  

Hy is Suid-Afrika se eerste swart perderuiter-kampioen. Sy loopbaan het in 1962 plaaslik afgeskop. In 1980 is hy deur ‘n Britse ruiter raakgesien en het toe ook die kans gekry het om internasionaal deel te neem.  Hy  het met sy eerste internasionale deelname die 5de plek by die Wembley Royal Internasionale Perdeskou tussen 31 ruiters behaal en vandaar het sy internasionale perderuiter-loopbaan amptelik afgeskop.