Mei

Vicky Davis en Willie Schmidt maak tuin  Meimaand in ons kombuistuin:

PLANT
Witwortels en rape:
Rape en wortels is soos spinasie wat of klein of groot gebruik kan word, maar dit behoort binne vyf weke redelik groot te wees.

Berei die bedding voor met goeie organiese kompos voor jy die saadjies plant. 'n Wenk is om die saadjies met sand te meng omdat dit so klein is. Saai die mengsel bo-op die grond en bedek met nog 'n lagie grond.

Plant wurmkruid (tansy) saam hierdie plante om wurms weg te hou. Dit hou ook witvlieg weg. Die plantjies is familie van die aster.

TAKE
Begin ‘n komposhoop:
Die ideaal is om twee hope te hê wat afsonderlik gevoer word, omdat dit sowat ses weke neem voordat jy dit kan gebruik. Dolwe dit een maal 'n week om sodat die bruikbare kompos bo lê of kry 'n houer met 'n opening onder sodat jy van onder af kan uithaal. Die aktiveerder versnel die proses met ongeveer twee weke.

Komposhooplae;
  1. droë takkies, laat lug deur en sit proses aan die gang
  2. droë blare
  3. kombuisafval, nie vleis en bene omdat dit rotte kan lok
  4. tuinvullis, blomkoppe en stingels
  5. koerantpapier en eierdosies
  6. 10 – 15cm kraalmis, ou mis is beter omdat dit reeds afgebreek is
  7. komposaktiveerder of comfrey blare
  8. maak nat

OES
Spinasie:
Spinasie hou van vol son en 'n plantjie hou maklik 'n jaar as jy sy blare van die buitekant afsny. Om goggas weg te hou, kan jy katoenlaventel (cotton lavender of santolina) tussen die spinasie plant.

Resepte:
Onthou: Spinasiemayonnaise
Ontspan: Spinasieroerbraai
Onthaal: Spinasiegestopte forel op spinasiestingels gebraai

TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch
Droe takkies vir komposhoop
ICA organic compost
Ou blare en tuinvullis vir komposhoop
Koerantpapier en grond vir komposhoop
Comfrey blare vir komposhoop
Spinasie plant
   

Lees Ook: