Maak jou eie strooihoed blombak

Van hoed tot blombak

Maak jou eie strooihoed blombak

Die nutsman Willie Schmidt wys hoe daai ou strooihoed ingespan kan word vir blomme plant.

Vicky het vir nutsman Willie Schmidt by sy kwekery net buite Stellenbosch gaan kuier. Hy het vir hulle elkeen 'n hoed gekry om te dra na hulle piekniek, maar besluit toe om ons eerder te wys hoe jy 'n hoed as deel van 'n blombak kan maak.

Wat het jy nodig:

'n Draadhouer wat jy teen 'n muur kan hang
Klapperhaar
Strooihoed
Kompos
Plantjies soos varings of blommetjies

Stap 1:

Plaas die klapperhaar in jou houer

Voer jou draadhouer uit met klapperhaar en gooi dit vol kompos.

Stap 2:

Sny 'n gat in die hoed en plaas dit oor die houer

Sny 'n groot gat in jou hoed wat oor jou draadhouer kan pas en plek het vir die plantjies om deur te groei. 'n Strooihoed werk baie goed, want dit is sterk en die gaatjies laat die plante asemhaal en help vir dreinering. Plaas die hoed oor jou draadhouer.

Stap 3:

Plant jou plantjies in die bak

Kies plante wat sal goed werk vir die area waar jou blombak gaan hang, in koelte of vol son. Varings werk heel goed binnemuurs of buite in bietjie koelte. Plant die plantjies stewig in jou blombak.

 


Lees Ook: