Maak jou eie stokbal uit dryfhout

Willie maak 'n stokbal uit dryfhout

Maak nie saak waar jy bly nie, jou huis kan 'n Weskus-gevoel hê met ons Tuin-ghoeroe Willie Schmidt (eienaar: Aspidistra Tuinsentrum) se selfdoen advies.

Willie wys hoe jy die Weskus in jou huis kan in bring

Eers hang ons glasbottels van 'n wawiel wat Willie in ons kuierhuis van die week ontdek het. Om dit te doen het Willie draad gebruik en dit styf om die glasbottels vasgemaak . Vorm dan met nog draad 'n lussie en haak dit aan die glasbottel vas. Hang die draad om een van die wiel se speke en haak dan weer die draad aan 'n ander kant van die bottel. In dié bottels, wat dan van die dak af hang, het ons aalwynblare gesit, maar jy kan enigiets daarin sit om 'n lekker Weskus-gevoel in jou huis in te bring. 

Willie se selfdoen om die Weskus in jou huis in te bring

Nou vir ons stokbal van dryfhout

Willie waarsku hierdie is 'n tydsame proses, maar definitief die moeite werd wanneer jy klaar is!

Willie het 'n kruis of 'n raamwerk gebruik om mee te begin. Slaan jou stompies styf aan mekaar vas met klein spykers. So gaan jy dan jou vorm begin waarop jy gaan bou en jou stukkies hout een vir een gaan vasslaan. So hou jy aan en bou dit so vet en groot soos jy dit wil hê. Los 'n opening bo aan die bal as jy soos Willie 'n plant daarin wil sit. Hy het 'n spekboom in 'n pot in die bal gesit en dit toe gebou met houtjies. So bal kan ook met enige kleur spytverf verander in 'n bonnel kleur. 

 Dryfhout bal vir jou huis

As jy baie sukkel om die vorm reg te kry, kan jy ook om 'n opblaas strandbal bou. Wanneer dit byna toegepak is kan jy die bal dan net afblaas en verwyder. Jou bal sal dan nie so dig soos Willie sin wees nie en jy sal 'n kleiner plant in die bal moet sit. 

Dryfhout bal vir jou huis

Bedankings

Willie Schmidt
Aspidistra Kwekery 


Lees Ook: