Maak jou eie palet koffietafel vir die stoep

Maak jou eie palet koffietafel vir die stoep

Nutsman Willie Schmidt maak die perfekte koffietafel wat jy kan rondskuif en sonder skaam jou voete op kan rus.

Willie maak 'n palet koffietafel

Ons nutsman Willie Schmidt weet dat ‘n mooi stoep net een ding nodig het en dit is ‘n lekker koffietafel. Boonop skep hy ‘n koffietafel waarop gaste hulle voete kan rus!

Die koffietafel kry wiele om rond te skuif

Willie vat ‘n ou palet en sit wiele op elke hoek. Hy het die palet só bietjie opgelig en ‘n gat in die middel van die palet gesny. In hierdie gat sit Willie ‘n plastiekbak om plantjies in te plant.

Skuif 'n plastiekbak in onder die palet

Jy het ‘n gewone reghoekige plastiekbak nodig wat in die palet sal kan inskuif.

Maak die bak vas met ‘n paar skroewe. Willie het ook ‘n paar dreineringsgaatjies vir die plante in die bak gemaak.

Nou kan jy begin plant! Gebruik goeie kompos vir jou plantjies. Jy kan plant net wat jou hart begeer.

Plant jou plantjies in die bak

 

Bedankings:

Willie Scmidt
Aspidistra Kwekery


Lees Ook: