Maak jou eie cowboy glasbeker

Maak jou eie cowboy glasbeker

Jy kan hierdie glasbeker self maak met items wat jy reeds in jou huis het.

Annette Swart van B'Exquisite Events het ons tafel gedek in Hartbeespoort en het vir ons gewys hoe maklik dit is om hierdie oulike glasbeker te maak. Dit het so goed by ons cowboy tema gepas!

Wat het jy nodig:

Lee konfytbottel
Ou deur- of kashandvatsel
Gom
Sheriff-ster of ander versierings

Metode:

Maak jou eie glasbeker

Stap 1: Maak jou konfytbottel mooi skoon en haal die deksel af.

Plak jou handvatsel vas

Stap 2: Sit gom op die punte van jou handvatsel en plak dit teen die glasbottel.

Plak jou versierings op jou glasbeker

Stap 3: Plak jou sheriff-ster of ander versierings op die bottel.


Lees Ook: