Kweek jou eie klein kruietuin

Marshall Rinquest wys ons hoe om te plant as jy min spasie het

Kweek jou eie klein kruietuin

Jy kan jou eie kruietuin maak al het jy min spasie by jou huis.

Marshall Rinquest is 'n stigterslid van die Gryeton Transition Town projek wat mense aanmoedig om meer omgewingsvriendelik en volhoubaar te leef.

Hy wys ons hoe jy 'n kruietuin kan kweek wanneer spasie knap is.

Wat het jy nodig:

Plastiek bottels, soos 2l koeldrankbottels
Spykers en draad
Palet
Kompos
Kruie

Stap 1:

Plaas jou bottel op sy kant en sny 'n gat vir jou kruie. Maak gaatjies aan die onderkant vir dreinering.

Stap 2:

Hang die bottel teen jou palet vas.

Maak 'n gat in die onderkant van jou bottel en druk 'n spyker daardeur. Maak draad aan altwee kante vas en hang dit teen jou palet.

Stap 3:

Maak die grond nat voor jy plant.

Vul jou bottel met kompos. Pak dit stewig vas en maak dit nat.

Stap 4:

Plant jou kruie in die bottel.

Plant jou kruie, vul dit op met kompos en maak weer goed nat.

 


Lees Ook: