Januarie

plant aarbeie

Plant: 

Perskeboom:
Plant, maar skuif ou bome net in die winter


Aarbeie:

Willie plant aarbeie en as jy verlede jaar reeds 'n paar gekweek het, kan jy die bestaande plante gebruik vir jou nuwe oesjaar. Neem 'n bestaande plant en knip die lopertjies net onder die wortels af, sit die plant dan in water sodat die wortels sterker raak en plant. As jy dit sommer dadelik in die grond steek, moet dit baie goed nat gehou word. Anders kan jy nuwe plantjies by die kwekery aanskaf en van voor af plant.

Aarbeie hou van ryk, sanderige grond en genoeg voeding soos beenmeel. Jou bedding moet opgeert word in soveel lane as wat jy nodig het. Die aarbeie hou daarvan om hoog te groei omdat die vrugte aan steeltjies plek het om te lê sonder dat dit in die grond is en vuil raak. Biedum bedek die hoop grond om die plante verder te beskerm teen insekte. Maak gaatjies in die biedum, spasieer hulle so 30cm uitmekaar sodat elke aarbeiplant genoeg plek het vir sy wortels. Gooi nog 'n handvol beenmeel in elke gat wat sterk wortelgroei bevorder. Plant sprietuie as pasmaats, die twee is ideale maats. Plant die sprietuie aan weerskante van die aarbeie, so 10cm uitmekaar.

Take: 

Dun pruimboom se vrugte uit (5 – 10cm spasie tussen pruime)
Tel elke oggend ou vrugte van grond af op om vrugtevlieë weg te hou.
Plant knoffel om vrugtebome om krulblaar te voorkom.


Kruisement moet gesnoei word. Dit stimuleer groei en gee die plant nuwe groeikrag. Hoe meer jy die plant beheer, hoe meer gaan dit produseer. Sny die plant sommer stomp af op die grond.  Die laventelplante moet ook gesnoei word en hier knip jy so 'n derde terug. Moenie hier te veel van die stokke onder oopsny nie, want dan sal die plant swaarkry. Kappertjies is 'n rakplant waar net die punte afgesny moet word. Die dik stingels aan die binnekant moet met rus gelaat word. Na 'n snoeisessie moet die plante kos kry in die vorm van goeie organiese bemesting.

Oes: 

Grenadella’s

Vye: Om te verseker dat die wat nog nie ryp is nie, wel ongeskonde aan die boom kan rypraak, trek sommer 'n ou sykous oor die vrug sodat goggas en voëls dit nie kan bykom nie.
 

Resepte:

Onthou: Grenadellakonfyt (met pulp en pitte)

Ontspan: Pizza met perskes, bokmelkkaas, swartwoudham, roketblare en suurroom-en-grenadellakonfytmengsel.

Onthaal: Uitgeholde vrugte wat met gegeurde roomys gevul word

 

Onthou: Groenvyekonfyt op 2 maniere

Ontspan: Hoender met vars vye en portsous

Onthaal: Cambrini met groenvyegebak


TUIN:
  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch

RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch 

plant aarbeie
plant aarbeie
snoei
vye
sprietuie
snoei
   

Lees Ook: