Grand Daddy Hotel

17 November 2018

Pasella is op die spoor van interessante wegbreek-blyplekke en een so bestemming is reg onder die Kapenaars se neus.

As jy aan die woord ‘karavaan’ dink, dink jy nie noodwendig aan luuks nie. Die Grand Daddy Hotel in die moederstad is egter ‘n karavaan in sy eie liga.

Ons gasaanbieder Zoe Zana en akteur Frank Rautenbach stel ondersoek in.

Frank Rautenbach is tans terug in die Kaap na 11 jaar in die VSA.  Hy het die eerste keer in Suid-Afrikaners se harte gekruip met sy rol as die stout-steun van 7de Laan, Tiaan Terreblanche. Daarna het hy sy merk gemaak in films soos ‘Faith Like Potatoes’, die ‘Hansie’-film, asook die Hollywood-rolprent, ‘The Bang Bang Club’.

Hy het vroeër die maand sy eerste boek ‘The Vagabond’ – is your life worth living, vrygestel.

Deel van die karavaanpark se sjarme is ‘n opelug-filmteater waar ‘n klassieke film elke Maandagaand vertoon word. Ons gaan terug in tyd met die fliek ‘Faith Like potatoes’ waarin Frank sy fliek-debuut gemaak het.

The Grand Daddy Hotel
www.granddaddy.co.za
info@granddaddy.co.za
021 424 7247