![]() |
TUIN TOT TAFEL Kohlrabi - saailinge. Petunias – langs kohlrabi om luise weg te lok. Rape – sade. Blomkool: Berei jou bedding deeglik voor met baie kompos – blomkool kan nie daarsonder groei nie. Plant die plantjies ± 3 tot 4cm diep, en 30cm uitmekaar sodat daar genoeg ruimte vir die kool se ontwikkeling is. Druk die plantjies stewig met jou vingers vas en maak nat. Dit behoort binne 2 tot 3 maande gereed vir oes te wees. Plant seldery, kruisement, kappertjies, petunias of stinkafrikaners tussen-in om peste soos plantluise en witkoolmotte te voorkom en onthou vernuwing is uiters belangrik. Aartappels: Aartappels kan selfs in 'n klein tuintjie aard, jy het net 'n lekker groot houer nodig wat halfvol grond gemaak is. Moenie te veel naby mekaar plant nie, want hulle het spasie nodig. Gebruik 'n saadaartappel (of aartappelmoer) en plaas dit met die ogie na bo in jou houer. Bedek met 10cm grond en gee dit kans om uit te loop. Werk weekliks meer grond in soos die aartappelplant hoër groei en plant peperwortel as pasmaat. Salotte: Volgende is salotte met stinkafrikaners as pasmaats aan die beurt. Maak seker die grond is goed omgespit sodat jy met jou vingers plantgaatjies kan maak. Hoe nader jy die salotte aanmekaar plant, hoe kleiner sal die bol wees. TAKE Stap deur tuin op soek na peste soos tekens van wurms in die mielies se baard. Gee sonneblomme en bloubessiebome genoeg kos en water (sonneblomme hou voëls weg van bessies). Roes: Roes is 'n tipe fungus met 'n skummelagtige poeiervoorkoms. Dit kom veral op tamaties en pampoen voor en is baie aktief in die somermaande. Koeltebeskerming: Gooi deklaag vir plante om teen die hitte te beskerm. Gebruik vyf dele van enige “groen” kombuisafval tot 1 deel organiese bemestig en neutedoppe na hartelus. Strooi losweg oor die beddings. OES Pietersielie: Pasmaats vir pietersielie: Plant bone en tamaties langsaan vir skadu Zucchini (Vingerskorsies): Dié vrugte word tot ʼn meter lank, maar oes wanneer die vrug so 20 tot 30 sentimeter is. Die blom is ook bruikbaar. Haal die stamper uit wanneer jy die blom pluk sodat dit mooi oop bly. Aarbeie: Aarbeie moet vroegoggend geoes word en natuurlik ook voordat voëls en goggas hulle bykom. Die aarbeie kan regdeur die somer dra, maar help hulle aan met handevol dennenaalde wat om die plante gegooi word. So bly hulle koel en die suur in die naalde gee ekstra groeikrag. Die stekelrige hopies is sommer ook 'n afskrikmiddel vir enige gogga wat aarbeie se kant toe mik. Resepte: Ontspan: Zucchini-spiraal. Aarbei-en-rooirissieblatjang. Bitterballen met gremolata en bechamelsous. Onthaal: Diepgebraaide roomkaas-en-sampieon gevulde Zucchini-blom. Aarbeiskemerkelk en Aarbei Mille Fieulle. Ravioli gevul met pietersielie en duxelle, afgerond met ‘n pietersielieskuimsous.
TUIN: The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
|
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
![]() |
|
|
|
|
|
|
|