Drie unieke etes

28 Desember 2018

Woensdag 28 November 2018 is daar drie unieke eet-ervarings op die Pasella-spyskaart. Die komediant en 'Kanarie'-akteur Schalk Bezuidenhout geniet tradisionele Afrika-disse by Lesedi Cultural Village. Dan word die groep Die Melktert Kommissie bederf by ‘n plaaskombuis in Langebaan genoem Boesmanland Plaaskombuis en Paul het ‘n speursage om op te los by ‘n aansit-ete by Fork Restaurant.

Die komediant en 'Kanarie'-akteur Schalk Bezuidenhout ontmoet ons vir geurige Afrika-disse by die Lesedie Cultural Village wat in die Wieg van die Mensdom geleë is. Voor ons egter by die tradisionele disse kom, kry ons ‘n kleurvolle vertoning van verskillende tradisionele danse uit die Xhosa, Basotho, Pedi, Ndebele, en Zulu-kultuur.  

Dan speel Paul speurder tydens ‘n 5-gang-ete. Dié ete word maandeliks by ‘n nuwe restaurant gehou, met ‘n unieke tema en ‘n nuwe raaisel om op te los. Elke deelnemer kry ‘n unieke naam en karakter wat hy vir die aand speel. Paul bevind homself in 'n speur-saga wat afspeel in Italië.

Laastens laat ‘n plaaskombuis in Langebaan die monde water. Dink groenboontjiebredie, kerrie-afval, en koeksisters uit die plaaskombuis-boeke. Twee lede van die groep Melktert-Kommissie kom saam-smul en ons hoor hoe dit met hulle gaan. 

Bedankings:

Fork Restaurant
021 424 6334
www.fork-restaurants.co.za
info@fork-restaurants.co.za

Lesedi Cultural Village
012 205 1395
www.aha.co.za/lesedi

Boesmanland Plaaskombuis
022 772 1564
082 773 0646
boesmanlandfarmkitchen.com
susan@boesmanlandfarmkitchen.com

bepartofthemystery.com
0849938040
bepartofthemystery.com
lente@bepartofthemystery.com



Lees Ook: