Die beste bonsai versameling

26 Junie 2018

Die kuns van bonsai dateer ongeveer 2000 jaar terug en dis niks vreemd vir iemand om ‘n bonsai-boompie aan te hou nie.  Gail Theron het egter nie by een, twee of selfs tien bonsai-boompies gestop nie. Die dame het tans ‘n versameling van 2000 bonsais by haar kwekery in Constantia.

Sasha-Lee besoek haar kweekery en leer van die kuns van bonsai-boompies.

Dis Pasella, Woensdae om 19:30 op SABC2.