Curiosity backpackers in Jozi

05 Desember 2018

Backpackers  gee hordes buitelanders en avontuurlustige locals die geleentheid om Suid-Afrika op ‘n unieke manier te leer ken. Paul en die rapper Early B boek in by die Curiocity backpackers in Maboneng. Alhoewel locals Johannesburg nie noodwendig as ‘n prima vakansieplek sien nie – bly dit ‘n wêreldstad met ‘n energie waarvan toeriste maar net nie genoeg kan kry nie. 

Early B is oorspronklik van Bloemendal in Port Elizabeth. Sy album ‘Aangename Kennis’ het die treffer-parades op hol, terwyl hy ook ‘n Ghoema-toekenning vir die beste hip-hop-snit in die sak het. Hy en Paul klok in vir ‘n Maboneng-ervaring soos min. 

Dis Pasella, Woensdag 5 Desember 2018 om 19:30 op SABC2.