Blue Sky Mining in Durban

05 Desember 2018

In hierdie episode van Pasella pak Rumacques sy rugsak vir ‘n kuier aan Durban se kus saam met twee van SA se voorste branderplankryers.

Blue Sky Mining backpackers lê so 30km vanaf Durban – naby Warner Beach/Baggies Beach – ‘n hub vir professionele surfers. Met tot 10-voet duinings is dit ‘n droom vir enige branderplankryer. Warner Beach is ook natuurlik die tuiste van surfing legends soos Gary van Wieringen en Frankie Oberholzer. 

Rumacques kry 'n branderplank-ry les by dié twee kampioene, dis Pasella Woensdag 5 Desember 2018 om 19:30 op SABC2.