9 November 2011: Plant in die regte potte

Willie se potte Die eerste pot is 'n besonderse een wat uit klip gekerf is en daarom moet die plant nie die aandag te veel van die pot aftrek nie. Willie kies 'n Euforbia, 'n droogtebestande plant wat min aandag nodig het. Die plant se liggeel blommetjies wat eintlik maar soos blaartjies lyk is 'n verlenging van die donkergroen blare aan die onderkant en dit pas perfek by die aardsheid van die ruwe pot. Maak seker daar is 'n goeie dreineringsgat aan die onderkant voordat jy jou dreineringsklippies insit. Daarna kom goeie potgrond en dan is jou plant reg om ingesit te word.

Die Euforbia het so twee liter water per week nodig en verkies koelte. Onthou om een keer per maand 'n goeie organiese voeding toe te dien en dan gaan jou prentjiemooi pot net gedy.

Willie se tweede keuse is 'n skelrooi pot en omdat die pot so 'n helder kleur het, gaan hy nie 'n blommende plant daarin vestig nie. Willie kies 'n lowergroen plant soos die Buxus wat reeds in 'n vorm gesnoei is. Die plant word baie gebruik vir heinings en hier dra die vorm daarvan by tot die sterk kleur van die pot.

Die derde pot is 'n ysterkruik en Willie glo elke tuin moet een hê. Die plantkeuses vir so 'n houer is onbeperk en Willie kies 'n fluweelrooi Pelargonium. Dit is 'n sterk plant wat omtrent regdeur die jaar blom en min aandag verg. Blommende plante vra wel meer water en voeding as die sonder blomme.
Willie se potte
Willie se potte
Willie se potte
   

Lees Ook: