9 November 2011: Naglampe

Marlize wys ons naglampe Jou benodighede is 'n Chinese papierlantern, 'n paar rekkies, 'n battery-aangedrewe kampeerlampie en genoeg neteldoek, oftewel “mull” in Engels. Neteldoek word gebruik om boeke te bind en jy behoort dit by plekke te kry wat papier verkoop.

Begin deur die papierlantern op te slaan. Buig die draadversterking wat binne-in kom effens, sodat die lantern 'n platter voorkoms kan hê, juis vir daardie organiese gevoel. Wees versigtig wanneer jy die draadversterking insit, want 'n mens druk sommer maklik 'n gat in die papier.

Sit dan die papierlantern op die neteldoek neer, bring die punte bo bymekaar en bind dit met die rekkies saam. Trek die punte mooi reg en rangskik die doek totdat dit is soos jy daarvan hou. Wanneer jy reg is om jou lamp te gebruik, kan jy eenvoudig die kampeerlampie aanskakel, die opening van die papierlantern ooprek en die lampie binne-in plaas.

Die lamp gee nie 'n sterk lig nie, maar 'n lieflike gloed wat enige area waar jy dit gebruik, atmosfeer sal gee.

Pasella bedank graag:

Marlize Lotz

The Last Word Constantia
A: Spaanschemat River Road, Constantia, 7806
T: 021 794 7657
F: 021 794 2069
E: constantia@thelastword.co.za
www.thelastword.co.za
Kampeerlampie as ligbron
Marlize wys ons naglampe
Marlize se organiese naglampe
   

Lees Ook: