8 Junie 2011: Wurmplaas

Koerantpapier en grond vir komposhoop Vandag wys tuinghoeroe, Willie Schmidt, ons hoe om baie maklik jou eie wurmplaas te maak. Party winkels verkoop sulke wurmplase, maar deur dit self te doen, kan dit 'n prettige taak vir die hele gesin word.

Jy benodig:
stewige houer, uitgevoer met deurlaatbare materiaal
Red Wriggler-wurms
afvalkombuiskos
koerantpapier
water

Begin deur koerantpapier op te frommel en bedek die bodem van die houer daarmee. Maak 'n bietjie nat. Bedek daarna die koerant met 'n lagie blare en maak weer effens nat. Plaas nou jou wurms in die houer, sommer met die kompos waarin dit gekoop is. Bedek weer met 'n lagie koerantpapier en 'n klein bietjie water.

Nou kom die lagie kombuisafval, maar onthou, daar is 'n paar items wat nie vir die wurmplaas geskik is nie: sitrus, uie, gekookte kos of vet is nie wenslik nie. Bedek weer eens met 'n lagie koerantpapier en maak bietjie nat. Hou aan voed tot jy die wurms aan die boonste lagie koerantpapier sien vreet. Dit is 'n aanduiding dat jou humus (kompos) gereed is vir gebruik. Haal die wurms versigtig uit en begin sommer 'n tweede plaas.

Voordele van humus:
dit herstel grondkwaliteit
dit gee stikstof en minerale terug
dit is organies en goedkoop
dit is 'n natuurlike insekbeheerde proses
dit maak plante sterker en gesonder
Lagie droe blare vir wurmplaas
Red wriggler wurms
Kombuisafval vir wurmplaas
   

Lees Ook: