7 Julie 2010: Grendedella en suurlemoensoufflé

Reuben Riffel
Souffle eierwit
Soufle bakkies
Skraap souffle bakkie skoon
Souffle
Souffle houtlepel
Pasella sjefghoeroe, Reuben, sê dat hoewel daar geen kortpaaie is nie, daar tog maniere is om ʼn byna perfekte eindresultaat te verseker. Dit is belangrik om maar gereeld te oefen want, soos hulle mos sê: aanhouer wen!

(Bedien 4)

3 grenadellas
ongesoute botter
6 e strooisuiker
5 eiergele
skil en sap van 1 suurlemoen
6 e Cointreau
7 eierwitte

Sif die grenadellapulp om die pitte van die sap te skei. Smeer 4 soufflébakkies uit met ʼn bietjie ongesoute botter en strooi 1 lepel strooisuiker binne in die bakkies (dit help dat die kante van die soufflé karamelliseer en nie vassit nie).

Skud die oorblywende suiker uit. Klits die eiergele en 4 e strooisuiker saam tot dik en romerig. Voeg die lemoenskil en sap, grenadellasap, 1 e van die granadellapitte(opsioneel) en Cointreau by. Klop die eierwitte en 1 e strooisuiker tot sagtepuntstadium. Vou dan die eierwitte deur die eiergeelmengsel en skep in die soufflébakkies. Bak vir 10 – 12 minute by 180˚C. Bedien dadelik.
 

Lees Ook: