5 Mei 2010: Tuisgemaakte pasta

Reuben maak pasta Droë of vars winkelpasta is wyd beskikbaar maar Reuben Riffel, Pasella sjefghoeroe, verkies om dit self te maak.

Volgens hom bly dit net eenvoudig die beste. En, sê hy, jy het nie eers 'n pastamasjien nodig om dit te maak nie, net 'n koekroller.

Jy benodig:
500 g Italiaanse '00' meel (of wit broodmeel)
1 groot eier
230 g eiergele*
40 ml melk
1 e olyfolie

Gooi die meel op ʼn skoon werkoppervlak. Maak ʼn gaatjie in die middel en voeg die nat bestanddele by. Gebruik jou vingers en meng vanaf die binnekant die nat bestanddele met die meel. Wees versigtig dat die mengsel nie uitloop nie.

As al die bestanddele goed gemeng is en die deeg gevorm is, begin knie vir nog 4 minute totdat ʼn gladde deeg gevorm is. Bedek die deeg met plastiek en bêre 20 minute in die yskas. Die deeg moet rus om te verseker dat wanneer jy dit uitrol, dit nie krimp nie.

Gebruik ʼn koekroller of pastamasjien. Sny die deeg in vier ewe groot stukkies en begin rol. Maak seker jy druk nie hard op die roller nie, dit is belangrik dat die pasta oral dieselfde dikte is. Sprinkel gereeld die pasta met meel om te verhoed dat dit aanmekaar vassit. Rol die deeg tot so 1½ mm. Rol dit op en sny die kante mooi reguit met ʼn dun mes. Sny in repies na gelang van die soort pasta wat jy wil hê. Herhaal met die res van die deeg en sodra alles gesny is, skud uit en voeg in ʼn groot mengbak.

Kook ʼn pot met water en voeg ʼn eetlepel sout by. Kook die pasta 2 minute, sif en bedien soos jy daarvan hou.

*Gebruik die eierwit om meringue of soufflé van te maak. Dit vries ook heel goed, onthou net om aan te dui op die sakkie of bakkie presies hoeveel eierwitte binne-in is.

**Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie
Sny tuisgemaakte pasta
Kook tuisgemaakte pasta
Tuisgemaakte pasta
Tuisgemaakte pasta met sous
   
   

Lees Ook: