5 Mei 2010: Lugdroogkleibewertjie

Klei rol Jy benodig
Lugdroogklei
Groot houtbord/-oppervlakte
Koekroller
Rubberrollertjie
Ronde drukker/vormpie – een groot en een klein
Enige items om patrone op jou klei te druk (bv. 3D muurpapier/ou halssnoer)
Skerp messie
Paar stukkies dryfhout
Vislyn
Skuurpapier
Bakplaat
Waspapier


Breek 'n stukkie van die klei met jou hand af en rol dit in 'n balletjie. Rol dit so dun moontlik met die koekroller uit en gebruik die groter ronde drukker om sirkeltjies uit die klei te druk.


Lig die sirkeltjies versigtig op en plaas dit bo-op die 3D-muurpapier. Rol saggies met die rubberrollertjie oor die kleisirkeltjies om die muurpapierpatrone op die klei af te druk. Jy kan ook die halsnoerpatroon saggies met jou hand op die kleisirkeltjie afdruk. Die kleisirkeltjies mag dalk in dié proses 'n meer ovaalvorm aanneem, maar dis geen probleem nie, want 'n meer oneweredige voorkoms skep 'n meer aardse gevoel.

Neem nou die kleiner ronde drukkertjie en druk 'n gaatjie in die kleisirkeltjie waar jy die vislyn gaan vasmaak. Plaas die klei sirkeltjies bo-op 'n stukkie waspapier in 'n bakplaat binne die oond vir so 10 tot 15 minute, of jy kan dit los om lugdroog te word, maar dit sal bietjie langer duur.

Sodra die vormpies mooi afgekoel het, kan jy die randjies glad skuur met skuurpapier. Bind nou 'n stukkie vislyn aan die sirkeltjies vas en maak dit aan 'n stukkie dryfhout vas. Gebruik soveel stukkies dryfhout as wat jy verkies. Jy kan selfs krale aan die vislyn ryg om dit bietjie kleurvoller te maak.
Klei afdruk
Afdruk op klei
Gaatjie vir toutjie
Hard gebakte klei
 

Lees Ook: