5 Februarie 2014: Willie gee raad oor Rankplante

rankers

WILLIE ghoeroe: Rankplante

Die belangrikheid van rankpplante moet nie onderskat word nie. Dit gee vertikale lyne in jou tuin, verskaf kleur van onder na bo en gee skaduwee daar waar dit benodig word.
Die keuse van `n rankplant is baie belangrik. Maak seker jy weet wat jy uit hom uit wil he, gewis jou van sy groeiwyse en ook sy behoeftes.

"Morning-glories" is vining groeiende rankplante, hulle het helder kleure, maar onthou die groot perse mag nie geplant word nie, dit is `n indringer plant.
Bougainvillaes is altyd`n gewilde keuse. Maar onthou, hulle is plante wat swaar kan raak en mens moet hul teen `n stut plant om hul regop te hou. En onthou hy kan nogal mors so moet hom nie naby aan jou swembad plant nie.

As jy iets groen soek wat teen jou muur vasklou is die "Boston Ivy" `n goeie keuse. Maar let wel, jy sal nooit weer daardie muur kan verf nie.

`n Wisteria is `n ideale keuse vir `n pergola. Hy is `n vinnige groeier en gee lekker skaduwee. Maar dis een van daardie plante waarop jy regtig jou hand moet hou, hy groei woes. Dit moet regdeur somer maande terug gesnoei word of hy sal jou hele pergola oorneem.

En dan Jasmyn. Is daar enige iets beter as die geur van Jaslyn op `n koel somersaand? Met sy pragtige groen blare verskaf hy sy mooi sagtheid aan `n beton muur. Mens sou dink met sy baie blommetjies dat hy sou mors, maar dit is nie die geval nie.

As jy nie so gelukkig is om `n groot pergola of n muur te hê waarteen jy `n ranker kan laat rank nie, moenie vrees nie. Skaf vir jouself `n pot aan, kry vir jou `n mooi ranker, soos `n Mandevilla wat regdeur die jaar blom met sy pragtige pienk blomme. As hy in die grond is, het jy natuurlik `n raamwerk nodig waarteen hy kan oprank. `n Yster obelisk is ideaal. Daar is duidelik geen rede waarom jy nie vir jou `n ranker moet aanskaf nie. Daar's beslis een vir elke sak, smaak en spasie.

 

 

Pasella bedank graag:

Willie Schmidt


Lees Ook: