5 December 2012 - Willie se kruieskaakbord

Willie's herb garden on Pasella

Willie se kruieskaakbord

Benodigdhede:
Ou herwinde plaveiselblokke
Goue tiemie
Grasuie
Roket
Origanum
Dille
Salie
Wilde knoffel
Sitroenkruid
Pietersielie
Koljander


Metode:
Spit die grond om en werk ‘n bietjie bemesting in.

Plant die hoë groeiende kruie aan die buitekant en die laes in die middel sodat jy maklik in die tuin kan rondloop. Plant die tiemie, grasuie en roket in die middel. Hoewel origanum ook laaggroeiend is, plant Willie hom aan die buitekant van die kruietuin waar die ingang is. Plant al die ander aan die kante. Die wilde knoffel het ‘n lekker eetbare blommetjie en beskerm die ander kruie teen peste.

Gooi nat en luister hoe jou kruie groei!



Lees Ook: