4 Julie 2012: Inheemse Asparagus

Willie plant inheemse asparagus  

Daar is soveel mooi verskillende variëteite van die asparagus familie wat regoor die land voorkom. Maar, moet hulle nie met die aspersie wat jy eet verwar nie, want hulle is eitnlik twee heel te mal verskillende plante.

Hulle is pragtige loofplante wat van kompakte struike of grondbedekkers, tot groot rankerige plante kan groei. Die meeste van hulle dra 'n witterige blommetjie in die somer wat later deur rooi bessies gevolg word. Voels is mal hieroor en dit is dus 'n goeie keuse vir tuine.

Hulle is geharde plante wat wanneer hulle gevestig is, ook met minder water kan klaarkom. Dus nog 'n wenner vir die tuin. Vandag gaan Willie 'n mooi kombinasie van 'n paar soorte in 'n groot pot plant.

Soorte inheemse asparagus:

  • Asparagus fulcatus – benodig genoeg rank plek
  • Asparagus “varing” - rank goed en ideaal vir blommerangskikkings
  • Asparagus meyerri – sterk welige opgroeipunte na bo, ook vandaar sy ander naam “die katstert”
  • Asparagus cwebe – top gehalte grondbedekker en opvuller vir gate in die tuin, fyn blare
  • Asparagus africanus – hang oor potte, growwe tekstuur

Dit is beslis die moeite werd om verdere navorsing oor die wonderlike inheemse Asparagus spesie te gaan doen. En net soos Willie, kan jy 'n pot vol verskilende teksture van een familie skep wat in harmonie glans aan jou tuin of stoep bring.

     
   

Lees Ook: