31 Maart 2010: Geelstert oor die kole

eiervrug op visbraai Maak seker jy begin jou vuur 'n uur voor die tyd – dit moet goed uitgebrand wees voor jy begin braai. Die kole moet wit wees en die temperatuur eweredig versprei. Geelstert is ’n ferm vis en dus geskik vir braai. Reuben verkies filette eerder as die heel vis want dit maak opdiening makliker. Geelstert is 'n vis wat baie maklik kan uitdroog, dus verkies Reuben om dit te marineer.
 
(Bedien 6-8)
 
2 geelstert-filette*
1 eiervrug, in repies gesny
 
Marinade
1 k room
200 ml jogurt
sap van 6 suurlemoene
8 t rissiepoeier
¼ k garammasala
1 e komynpoeier
¼ k gekapte gemmer
¼ k gekapte knoffel
6 t sout
 
Meng al die bestanddele vir die marinade goed saam en bedek die vis. Laat dit marineer vir ten minste 'n uur. Olie die rooster goed en plaas 'n laag eiervrug op die bodem, sit die vis bo-op die eiervrug en plaas nog 'n laag eiervrug bo-op die vis**. Braai die vis omtrent 10 minute aan albei kante. Voeg seesout by sodra jy dit omdraai.
 
*vra jou viswinkel om ’n hele geelstert in twee filette te sny.

**dit verhinder dat die vis aan die rooster vassit.

***Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.
Visbraai rooster
Visbraai op rooster
gebraaide geelstert
   

Lees Ook: