3 Oktober: Marlize maak lampskerms

Marlize maak lampskerms

DIY: Marlize maak lampskerms

 

Benodigdhede:
Ou lampskerms
Materiaal
Sker
Spuitgom
Alkantplakband

 

Metode:

  1. Lê die lampskerm op sy sy.

  2. Rol die skerm van kant tot kant om seker te maak jy het ‘n lank genoeg stuk om die hele skerm te bedek. Die bo- en onderkant van die materiaal moet oorsteek sodat dit omgevou kan word.

  3. Spuit die lampskerm se buitekant met die gom asook die verkeerde kant van die materiaal.

  4. Los om ‘n bietjie droog te word.

  5. Sit die lampskerm op die een kant van die materiaal, rol dit terwyl jy die materiaal vasplak.

  6. Vryf dit goed vas en maak seker al die borrels en voue is uit.

  7. Vou die eindpunt van die materiaal netjies om en plak dit met ‘n stukkie alkantplakband vas.

  8. Sny kepies in die materiaal wat bo en onder oorsteek sodat dit maklik ingevou kan word,

  9. Plak koord of lint bo-oor as jy wil.

 


Lees Ook: