29 September 2010: Murano-glas

Jo-marie rabe oor murano-glas Glas genaamd Murano, word al vir duisende jare op die klein eilandjie Murano naby Venesië geblaas. Die proses behels dat silika oor geweldige hoë hitte verhit word totdat dit vloeibaar is en dan met behulp van pype in interessante vorms geblaas word.

As gevolg van hierdie spesifieke glasmaakproses, is Murano glas altyd sag, gerond en dikwels vrygevorm wat dit asimmetries maak.

Glasmakers het vinnig geleer om bekostigbare glasitems vir die groot kommersiële mark te maak. Asbakke, visse en houers is letterlik in die miljoene geproduseer. Maar dit is die skaars items wat gedurende die 1950's en 60's op die eiland gemaak is, wat versamelaars vandag op hol het.

Maar hoe weet mens of 'n item doodgewoon of uiters besonders is? Jo-Marie se eerste wenk is hoe dunner die glas, hoe beter die meester. Die tweede is natuurlik 'n waarmerk. Soms is die naam direk op die glas ingeëts, maar meer dikwels is daar 'n papieretiket. Ongelukkig val dit dikwels deur die jare af en as jy geen etiket het nie, is jy genoodsaak om na die tegniek van die blaser te kyk.
Rooi murano-glas
wit murano-glas
   

Lees Ook: