29 September 2010: Geroosterde aartappels

gekookte aartappesl Met ʼn bietjie ekstra aandag kan dié beskeie bykos hemels proe. Pasella sjefghoeroe Reuben Riffel wys hoe om die perfekte bros skil en sagte binnekant te kry.

(Bedien 4)

6 mediumgroot aartappels, in ewe groot stukkie gesny
sout
ʼn paar takkies roosmaryn
½ k olyfolie of eendvet

Plaas die aartappels in ʼn pot met koue water en gooi genoeg sout in. Sodra die water begin kook, verminder die hitte sodat dit net prut. Kook die aartappels totdat dit net gaar is. Verwyder die pot van die hitte en gooi die water af. Dit is belangrik om die aartappels behoorlik uit te droog. ʼn Maklike manier is om papierdoek drie keer te vou en dit oor die opening van die pot te sit. Sit die deksel op – hierdie proses help om die stoom te absorbeer. Sit nou die droë aartappels in ʼn groot oondbak en voeg die olyfolie en sout by. Maak seker dat die aartappels nie teen mekaar raak nie. Kneus die roosmaryn in ʼn stamper en vysel en voeg dit by. Plaas die aartappels in ʼn voorverhitte oond by 170˚C en braai sowat 20 minute tot goudbruin.
geroosterde aartappels met sout
geroosterde aartappels met vleis
   

Lees Ook: