29 Februarie 2012: Maak blikhouers vir plante

willie

Benodighede:

Lee konfytblikke

Onderlaagverf

PVA-verf in 'n helder kleur

Kwaste

Hamer

Skroewe

Elektriese skroewedraaier

Plante

Potgrond

Vir 'n lelike en dooie muur kan jy maklik 'n plan maak om dit in 'n aanskoulike fokuspunt te verander. Maak 'n gaatjie aan die bokant van elke blik om dit op te hang en 'n gat aan die onderkant vir dreinering.

Was die lee blikke goed skoon met suikerseep voordat jy die onderlaagverf aanwend. Sodra dit droog is, kan jy die helder kleur pva-verf opsit.  Sit solank die skroef deur die gaatjie en draai dan vas teen die muur met jou elektriese skroewedraaier. Spasieer hulle soos jy goed dink. Ooghoogte is 'n goeie hoogte sodat mens die plante mooi kan sien.

Vul elke blikkie halfpad met potgrond, sit die plantjie in en druk versigtig vas met die res van die potgrond. Gee elke blikkie genoeg water. 

verf
blikhouers
muur met blikhouers
   

Lees Ook: