28 November 2012: Antieke glashouer

 Antieke glashouer

Marelize: Antieke glashouer

 

Benodigdhede:

Bal- of ander glas
Spuitbottel
Chroom spuitverf
Handdoekpapier
‘n Bietjie water

 

Metode:
Maak seker die glas is silwerskoon. Meng dan een deel water met een deel asyn en skud goed. Spuit die glashouer liggies met die mengsel sodat daar net ligte druppeltjies op die glas sit. Maak seker dat die druppels nie so groot is dat hulle afloop nie. Skud die verf goed en spuit dadelik ‘n dun lagie oor die glas. Laat staan ‘n minuut of wat om droog te word en klad die oortollige water met die handdoekpapier op. Herhaal die proses totdat jy tevrede is met die eindresultaat.


Lees Ook: