28 Julie 2010: Boekmerke

Marlize lots maak boekmerke
Houtboekmerkie
Ysterknippie boekmerk
Fotoboekmerk
Stensil houtboekmerk
Magneetjie boekmerk
Rooknopie
Jy benodig:
Gekleurde karton
Wit karton
Swart en wit kopieë van jou gunstelingfoto's
Handwerkmessie en snyblad
Metaalliniaal
Gomstiffie
2 klein plat magneetjies – by meeste handwerkwinkels verkrygbaar
Alkantplakband
Balsahout
Houtbasis van jou kleur
Sponsie
Stensil
Toutjie
Papierpons
Gekleurde lappies
Knope – wat met materiaal oorgetrek kan word
Handwerkgom
Metaalknypertjies – by meeste skryfbehoeftewinkels
Skêr

Fotoboekmerk
Sny 'n reghoekige strook uit die gekleurde karton, die grootte sal afhang van dié wat jy jou boekmerk wil hê. Vou die strook in een derde van die lengte om en vryf dit glad met jou hand.
 
Plak een van die magneetjies aan die binnekant van die omgevoude flappie. Plaas die tweede magneetjie bo-op die vasgeplakte een – sodat die twee aan mekaar vasklou. Vou die karton toe en plak dit aan die tweede magneetjie vas. Sny jou foto's in die regte grootte, sodat dit op die kartonstrook sal pas en plak dit met die alkantplakband. Jy kan jou foto's versterk deur dit eers op dik karton te plak voordat jy dit uitknip.
 
Houtboekmerk
Sny 'n reghoekige strook uit die balsahout, die grootte sal afhang van hoe groot jy jou boekmerk wil hê. Kleur die houtstrokie met die houtbasis en sponsie in egalige stroke en laat om goed droog te word.
 
Sodra dit heeltemal droog is, plaas die stensil op die houtstrokie en spons weer 'n lagie houtbasis oor die stensil. Dus sal die patroon ook bruin wees, maar net in 'n donkerder skakering. Druk nou 'n gaatjie aan die bokant van die houtstrokie met die gaatjiepons en bind die toutjie daardeur.
 
Lapboekmerk
Begin deur jou knope met die gekleurde materiaal oor te trek. Daarna plak jy die knope aan die bokant van die metaalknypertjies met die handwerkgom vas. Jy sal dit vir so rukkie in die regte posisie moet hou totdat die gom droog genoeg is.


Lees Ook: