27 Junie 2012: Bedkassies


   
GHOEROE: Bedkassies  

LAND: Bedkassies

 

 

Het jy ‘n ou dennehoutbedkassie? Marlize stel voor ons verf dit.

 

Sy gebruik ‘n silwermetaalkleur.


Stappe:

  • Maak kassie mooi skoon

  • Haal handvatsels uit

  • Skuur liggies af (60 grein skuurpapier)

  • Borsel stof af

  • Sit ‘n laag swart emaljeverf op sodat silwer mooi uitskom (die verf kan jy bo-oor enigiets aanwend, so, jy hoef jou nie dood te skuur nie!)

  • Gebruik ‘n sponsrollertjie vir ‘n gladde afwerking en verf die moeilike dele met ‘n kwas

  • Laat droog word

  • Verf die silwerverf ook met ‘n sponsrollertjie aan – sy gebruik verf wat gewoonlik vir staalhekke of heinings gebruik word omdat dit goedkoper is;

  • Jy kan ook die verf aanspons vir ‘n stippeleffek of dit met ‘n kwas aanverf vir ‘n streepeffek.

  • Sit laastens nuwe handvatsels aan vir ‘n blinknuwe voorkoms!

 


Lees Ook: