27 Julie 2011: Tuinmaak vir ons troeteldiere

Grys kat in groen bossie Om jou katte se reaksie op 'n bietjie tuinbederf te sien kan só lekker wees! Vandag gee tuin-ghoeroe Willie Schmidt 'n paar wenke oor hoe jy die tuin vir jou viervoetige katvriend kan opkikker. So, waarvan hou katte? Volgens Willie is daar drie plante wat jy kan aanskaf om jou kat te bederf:

Katgras
Hierdie is gras wat spesiaal vir katte gekweek word. Oats, rog en koring is populêre keuses omdat dit so maklik groei en veilig is vir katte. Plant dit sommer in 'n paar keramiekpotjies en plaas dit oral in die tuin om jou kattjie om elke hoek en draai te verras. Doen navraag by jou naaste kwekery. Party troeteldierwinkels het ook saamgestelde produkte om jou met die kweek daarvan te help.

Kattekruid
Hierdie plant is deel van die Nepeta cataria-familie en ook algemeen bekend as “catnip”. Hierdie plantjie is ook maklik om te groei en is 'n goeie insekwerende grondbedekker. Willie plant dit in 'n kruiwa sodat dit saam met jou in die tuin rondgeskuif kan word en kattie dus lekker naby kan speel. Hierdie is een van die hoërgroeiende plantjies, so daar waar die speletjie te rof raak, kan jy die takkies afknip en die stegies herplant in die kruiwa of ander areas in die tuin.

Catmint
Catmint is 'n kleiner weergawe van die kattekruid-familie en is 'n pragtige grys/groen grondbedekker met ligte pers of blou blommetjies in die somer. Willie plant hulle in 'n stewige houtkis, omdat hout ideaal vir katte is om hul naels te krap en daar ook genoeg plek in die kissie is vir rondrol. Vul die kissie met goeie potgrond en plant die catmint stewig daarin. Terloops, catmint is 'n goeie grondbedekker en lyk pragtig onder roosbome en jaag ook ongewensde insekte weg.
Cat grass in pot
Catnip in wheel burrow
Catmint in houtkissie
   

Lees Ook: